Maarten Gerritsz Vries

Kaap Aniwa, Kaap Geduld, "Staten-eiland" (Isola di Stati) en die Straat van Vries kan alles op dié Italiaanse kaart uit 1682 gesien word. Soos die kaart wys, het De Vries nie kans gehad om die Straat van Tartarye en van La Pérouse te ontdek nie; die kaartmakers het Hokkaido en Sachalin deel van die vasteland gemaak.

Maarten Gerritszoon Vries (18 Februarie 1589 - 1647), ook de Vries genoem, was 'n 17de-eeuse Nederlandse kartograaf en ontdekkingsreisiger. Hy was die eerste Wes-Europeër wat 'n verslag agtergelaat het van sy besoek aan Sachalin, die Koerile en die See van Ochotsk.

Nie veel van De Vries se lewe is bekend nie. Hy is waarskynlik in 1589 in Harlingen, Nederland, gebore en het baie jare in Taiwan deurgebring. Hy is die bekendste vir sy ekspedisie van 1643 na die Noordwestelike Stille Oseaan en die ontdekking van die kus van Tartarye. Dit was die tweede ekspedisie om te soek na legendariese eilande met goud en silwer in dié oseaan, wat niemand ontdek het nie.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search